Jou kind se toekoms begin hier.

As onafhanklike skool is ons nie gebonde aan Departementele beperkings van leerinhoud, evaluering en spesifieke kurrikulumvoorskrifte nie. 'n Benadering van opleiding vir 'n snel ontwikkelende wêreld word gevolg en fokus op die ontwikkeling van probleemoplossende denkvaardighede, kreatiewe waagmoed en emosionele intelligensie.

Indrukwekkende statistieke oor die skool se geskiedenis

Rhoncus morbi et augue nec, in id ullamcorper at sit. Condimentum sit nunc in eros scelerisque sed. Commodo in viverra nunc, ullamcorper ut. Non, amet, aliquet scelerisque nullam sagittis, pulvinar. Fermentum scelerisque sit consectetur hac mi.

250+
Happy customer

250+
Happy customer

250+
Happy customer

250+
Happy customer

Dié skool vir 'n gelukkige kind

JAN CELLIERS is ‘n onafhanklike skool wat holistiese waardegedrewe onderrig bied. Ons fokus is om afgeronde kinders te vorm.

Speelskool

Kleuters se vaardighede om te deel, kommunikeer, sosialiseer en konsepte te begryp word spelenderwys in ‘n geborge omgewing ontwikkel. Elke klassie het ‘n bekwame onderwyseres, bygestaan deur twee assistente. Weeklikse temas gaan gepaard met skeppende aktiwiteite, fynmotoriese ontwikkeling, beweging en sang. Kleuters word liefdevol begelei tot die bemeestering van toiletroetines.

Wat die speelskool bied

  • Emosionele welstand en geborgenheid van kleuters

  • Onberispelike fisiese versorging

  • Ontwikkeling van lewensvaardighede met die klem op sosialisering en speel

Gr. 000, 00 en-0

Die Matal-benadering en Reggio Emilia-metodes dien as grondslag vir ‘n kleutergesentreerde kurrikulum wat ‘n ondersoekende ingesteldheid, kreatiewe denke en ‘n estetiese bewustheid aanwakker. Daar word deurentyd gefokus op die ontwikkeling van elke kleuter se unieke persoonlikheid en emosionele intelligensie. Vanaf graad 0 dra weeklikse onderrig in Kodering, Skaak, Rekenaarvaardighede, Musiek en talle verrykende aktiwiteite by tot die skep van ‘n stewige fondament vir die verdere ontwikkeling van die kleuter se musikale -, taal- en wiskundige geletterdheid.

Wat preprimêr bied

  • Ons kurrikulum is op die Matal-benadering, vanuit Israel, gegrond.

  • Ons is kind gesentreerd en fokus op interaksie tussen die kleuter en sy onmiddellike wêreld.

  • Ons ontwikkel 'n ondersoekende ingesteldheid, kreatiewe denke en estetiese bewustheid.

  • Taal- en wiskundige vaardighede word ontwikkel en ondernemingsgees word aangemoedig.

  • Kleuters leer om sukses te geniet en realisties na mislukkings te kyk.

  • Musiek en multi-kulturele blootstelling word fisies met kleuterlyfies beleef.

  • Emosionele intelligensie word deurlopend ontwikkel.

Laerskool

Die holistiese ontwikkeling van die kind word bevorder deur ‘n gefokusde blootstelling aan kuns, musiek, tale, entrepreneurskap, tegnologie, skaak en bewegingskunde sedert ‘n baie jong ouderdom. Die uitslae van internasionale olimpiades waaraan daar jaarliks deelgeneem word, sowel as graad 7’s se prestasies in beurseksamens by uitmuntende hoërskole van hul keuse, dien as metingsinstrument vir sukses op akademiese gebied behaal. Die uitleg van die skoolkampus en weldeurdagte klasroosters maak dit moontlik dat kinders gedurende skoolure individuele musiekonderrig en gespesialiseerde hulpverlening by hetsy ‘n opvoedkundige sielkundige, arbeids-, taal- of spelterapeut kan ontvang. Die vaslegging van studiemetodes en akademiese hulpverlening geskied ook kosteloos tydens skoolure.

Wat die laerskool bied

  • Onafhanklike skool

  • Gefokusde aandag

  • Afrikaanse Christelike skool
met Engels Huistaal en Zoeloe

  • Waarde- en toekomsgedrewe Wêreldklas-onderrig

  • Holistiese ontwikkeling

  • Mededingende buitemuurs

  • Me. Sanet Smit

    HOOF
    H.O.D. Pre- en Junior Primêr, UNISA OBE Dip (Cum Laude), B.A. Opvoedkundige Sielkunde (Cum Laude), B.A.Ed Honn (Cum Laude), MA Sielkunde (Spelterapie)

  • Me. Karen Swanepoel

    ADJUNKHOOF: AKADEMIE
    B.A.Ed (Afr. Ndl. III, Geskiedenis III), B.A. Honn, MA Bestuur Cum Laude

  • Me. Belinda Valkenburg

    ADJUNKHOOF: PREPRIMÊR
    H.O.D. Pre- en Junior Primêr

Meer oor die prospektus

Nec massa viverra eget feugiat pellentesque. Feugiat adipiscing massa vitae auctor mi massa. Sodales libero viverra cursus sed duis luctus nulla. In malesuada vulputate pharetra ipsum orci.

Dit sluit in

  • Kalender

  • Fooie

  • Prosedures

Wat ouers en leerlinge te sê het van Jan Celliers

  • “Na 13 jaar met kinders in Jan Celliers, kan ek met sekerheid sê dat ek geen ander skool sou verkies het vir my 3 kinders nie. Jan Celliers het hulle die vermoë en selfvertroue geleer om vir hulleself te dink, probleme op te los en lewenslange vriende te maak. Die skool het ‘n plekkie vir elkeen – of jou kind ‘n boekwurm is, of ‘n sportster.”

    Suzanne Kirstein (huidige ouer, ander kinders tans in Helpmekaar gr. 11 & die Universitiet van Pretoria)

  • "Jan Celliers is ’n uiters bevoorregte skool, met al die beste hulpbronne – sport, wetenskap, tegnologie, skaak, drama – noem maar op. Dit is egter ook ’n skool met ’n sosiale gewete en ’n hegte gemeenskap – ’n skool waarop ons werklik trots is."

    Lindie Koorts (Huidige ouer)

  • "Jan Celliers het vir my ʼn ongelooflike platform geskep vanwaar ek my vlerke kon sprei toe ek my hoërskoolloopbaan by Helpmekaar begin het om nog hoër hoogtes ook daar te kon bereik. Die waardes en werksetiek wat ek by Jan Celliers geleer het, is vaardighede van onskatbare waarde, wat ek saam met my sal dra vir die res van my lewe."

    Micaela Staal, Hoofdogter 2017

Kom in kontak.