Ons Skool se Toep: Alles op een plek!

Ons skool gebruik die D6-toep as ons amptelike kommunikasie- en administrasieplatform. Hierdie toep is ontwerp om alle skoolverwante inligting maklik toeganklik te maak vir ouers, personeel en leerders – alles op één plek.

Met die D6-toep kan jy

Belangrike aankondigings en kennisgewings direk vanaf die skool ontvang.

Die skoolkalender besigtig en op hoogte bly van komende gebeurtenisse, aktiwiteite en assesserings.

Dokumente, verslae en briewe aflaai of oopmaak – alles digitaal en veilig gestoor.

Kommunikeer met die skool deur boodskappe of navrae te beantwoord.

Kontakbesonderhede van personeel en belangrike skoolafdelings vinnig opspoor.

’n Verdere nuttige funksie binne die toep is die “Parent Assist” AI Chatbot.

Ons doel is om kommunikasie meer doeltreffend te maak en om seker te maak dat ouers altyd ingelig, verbind en betrokke bly by hul kind se skoollewe.

Hoof

Me. Sanet Smit ssmit@jancelliers.co.za

Kantoor

Me. Adri Cheesman
011 646 3336
skool@jancelliers.co.za

 

Hoof

Me. Sanet Smit ssmit@jancelliers.co.za

Omsendbrief

′n Weeklikse omsendbrief word gedeel op die toep.

Sportbrief

Die sportbrief word weekliks gedeel op die toep. Vir navrae kontak qswanepoel@jancelliers.co.za

Kantoor

Me. Adri Cheesman
011 646 3336
skool@jancelliers.co.za