Welkom by Jan Celliers

JAN CELLIERS Laerskool en Preprimêr is ’n onafhanklike skool waar elke leerder se uniekheid waardeer word. Soos ’n hegte familie leef ons die skool se kernwaardes – respek, integriteit, betrokkenheid en selfdissipline – in elke aspek van ons daaglikse lewe uit.

Ons streef na akademiese uitnemendheid en bied ’n veilige omgewing waar leerders op ’n hoë standaard presteer, terwyl ons steeds hul individuele tempo van ontwikkeling respekteer. Ons fokus op holistiese ontwikkeling en deur liefdevolle ondersteuning en stimulasie, help ons leerders om hul volle potensiaal te bereik en optimaal te funksioneer.

By JAN CELLIERS Laerskool en Preprimêr is ons trots daarop om ’n omgewing te skep waar elke kind, vanaf 3 maande tot 13 jaar, kan groei en floreer.

Sanet Smit

Wêreldklas onafhanklike onderrig wat deure oopmaak.

JAN CELLIERS is ′n onafhanklike skool wat holistiese, waardegedrewe onderrig bied.
Ons fokus is om afgeronde kinders te vorm.

Kernwaardes

Ons het vier kernwaardes geïdentifiseer wat aan alle fasette van skoollewe by JAN CELLIERS gekoppel is:

RESPEK
INTEGRITEIT
BETROKKENHEID
SELFDISSIPLINE

Daar word verwag dat elke kind, ouer, onderwyser en rolspeler hierdie waardes as boustene sal erken en dit onderhou, uitbou en uitleef.

Visie

Ons visie is om elke kind van Jan Celliers binne ’n gebalanseerde, Afrikaanse opvoedingsklimaat te help vorm tot ’n afgeronde, hoflike en verantwoordelike jongmens wat die toekoms met selfvertroue sal aandurf in die strewe tot die verwesenliking van sy/haar volle potensiaal.

Missie

Ons missie is om ’n skool van uitnemendheid te wees waar kennis, vaardighede en Christelike waardes as lewensankers by kinders gevestig word deur:

– Dinamiese en innoverende bestuur;

– Toegewyde en gekwalifiseerde personeel;

– Betrokke en lojale ouerondersteuning;

– Doelgerigte opvoeding en gehalte-onderrig in ’n geordende omgewing;

– Ontwikkeling van leierskap-, kultuur-, sport- en sosiale vaardighede.

Hoekom JAN CELLIERS?

Waardegedrewe onderrig en Christelike etos

Busdiens vir groter Johannesburg–gebied beskikbaar

Afrikaans en Engels Huistaal

Toekomsgerigte geriewe

null

3 maande tot 3 jaar

null

4 jaar tot 6/7 jaar

null

7 jaar tot 12/13 jaar

“In ’n kleiner klas kan ’n vakkenner elke leerder se akademiese behoeftes slyp, asook ’n veilige omgewing vir ’n kind skep om emosioneel en sosiaal te groei.”