Graad 1 tot Graad 7

Ons is ‘n onafhanklike skool en dus nie gebonde aan departementele beperkings ten opsigte van leerinhoud, evaluering en spesifieke kurrikulumvoorskrifte nie. Dit bied ‘n oop bladsy vir vooruitstrewende en uitnemende onderwys.

Ons program bevorder ‘n ondersoekende ingesteldheid, kreatiewe denke, estetiese bewustheid, ondernemingsgees, wiskundige vaardighede en taalontwikkeling. Weeklikse gedifferensieerde temas en groepswerk skep ‘n omgewing vir sosialisering, selfskepping, selfevaluering en redenasie. Die holistiese program benadruk dat leerders deur spel leer. Realistiese hantering van mislukking en begrippe word dus vasgelê waarop suksesvol in die toekoms gesteun kan word.

  • JAN CELLIERS is deur n onafhanklike en staatsliggaam geëvalueer. Ons ontvang volle akkreditasie by IQUA en Umalusi.
  • Ons is geaffilieer by die Independent School Association of Southern Africa (ISASA), asook by die Onafhanklike Eksamenraad (IEB).
  • n Benadering van opleiding vir n snel ontwikkelende wêreld word gevolg en probleemoplossende denkvaardighede, kreatiewe waagmoed en emosionele intelligensie geniet aandag.
  • In alle leergebiede word n verrykte leerplan gevolg. Die uitkomste van die Nasionale Onderwys Kurrikulum dien as die minimum vereistes waaraan voldoen moet word.
  • Bo en behalwe die hoofstroomvakke bied ons spesialisvakke soos die volgende aan: Kodering, Zoeloe, Kuns, Tegnologie, Rekenaar- en Inligtingstudie, Bybel, EBW en Klasmusiek.
  • n Verrykingsperiode vorm deel van die weeklikse rooster.

HIER MAAK ELKE KIND SAAK. ‘N MAKSIMUM VAN 22 LEERDERS PER KLAS.