
SKOOLGEBASEERDE LEERDERONDERSTEUNING
JAN CELLIERS is in die bevoorregte posisie om verskeie terapeute en ander ondersteuningsdienste op ons perseel aan die ouers,
leerders en personeel te bied. Professionele dienste – byderhand.
leerders en personeel te bied. Professionele dienste – byderhand.
Die skool het onlangs die belangrike besluit geneem om ’n formele Leerderondersteuningspan (bekend as Jan-maak-‘n-plan) op die been te bring.
Hierdie inisiatief vorm deel van die skool se verbintenis tot inklusiewe onderwys en die holistiese ontwikkeling van elke leerder. Die span is saamgestel uit kundiges wat gesamentlik werk om leerders se akademiese, emosionele en sosiale behoeftes te identifiseer en te ondersteun.
Samestelling van die Leerderondersteuningspan:
| Skoolhoof | Me. S Smit |
| Adjunkhoof: Akademie | Me. K Swanepoel |
| Adjunkhoof: Preprimêr | Me. B Valkenburg |
| Opvoedkundige Sielkundige | Me. C Human |
| Arbeidsterapeut | Me. C Cruickshank |
| Fisioterapeut | Mnr. Tiaan Moolman |
| Spraakterapeut | Me. M Malan |
| Spelterapeut | Me. I Norden |
| Maatskaplike Werker | Me. C Cuyler |
| Hulpverlener in die Junior Fase | Me. S Botha |
Doelwitte van die Leerderondersteuningspan:
- Gepaste ondersteuning vir elke leerder: Die span bied doelgerigte intervensies wat by individuele behoeftes aangepas is.
- Multidissiplinêre samewerking: Verskillende professionele perspektiewe verseker ‘n omvattende benadering tot leerderontwikkeling.
- Vroeë identifikasie van uitdagings: Probleme word vinnig geïdentifiseer en aangespreek, wat leerderprestasie en welstand bevorder.
- Skep van ‘n veilige en ondersteunende leeromgewing: Leerders voel gesien, gehoor en geholpe.
- Spesiale fokus: Die span sal ook spesifiek op die behoeftes en welstand van begaafde kinders fokus. Hierdie leerders het dikwels unieke emosionele en akademiese uitdagings wat spesiale aandag verg. Deur verrykingsgeleenthede, emosionele ondersteuning en aangepaste leerplanne sal daar verseker word dat begaafde kinders nie net akademies floreer nie, maar ook emosioneel gebalanseerd ontwikkel.

