
Jan Groen
JAN CELLIERS Laerskool en Preprimêr is trots om aan te kondig dat ons die WESSA eko-skoleprogram se internasionale vlag-toekenning ontvang het. Dié toekenning word aan skole gegee wat vir ten minste vyf jaar aan die eko-skoleprogram deelneem en uitmuntende omgewingswerk doen.
Die beoordelaars was vol lof vir ons leerders se volgehoue poging om groener te leef:
“What a pleasure it was assessing your beautiful Story of Change! We can see and appreciate how much love went into the compilation of this portfolio as well as the environmental transformation at JAN CILLIERS Laerskool and Preprimêr. Your long-standing commitment and enthusiasm to the environmental cause is something very special! For your dedication and love for our planet we are thrilled to award you with a much-deserved International Flag Award! Congratulations!”
Jan Celliers Laerskool en Preprimêre sal toegewyd op ons missie voorbou om ’n groen leefwyse by ons leerders te ontwikkel.
Jan Groen-groete,
Lizelle Theron
Jan Groen-organiseerder

JAN CELLIERS se volgehoue poging om kinders te leer om meer groen te leef, is met die WESSA eko-skoleprogram se internasionale goue status-toekenning beloon.
Temas
Herwinning, biodiversiteit, klimaatsverandering, waterbesparing, gesondheid en welstand en gemeenskap en erfenis is temas waarop ons konsentreer.
Jan Celliers is boonop betrokke by:
Tops for Wheelchairs en die Khensani-skolebouprojek.
Happy Yappers
Rhino Connect
Hippo-rollers
Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital
Spekboomprojek
Smile-foundation


Om ons leerders aan te moedig om self aktief deel te neem en ‘n verskil te maak, het JAN CELLIERS ‘n eko-ambassadeursprogram begin. Daar is verskillende vlakke wat bereik kan word en leerders kan lojaliteitsblaartjies verdien deur aan die aktiwiteite deel te neem. Deur deelname kweek ons ‘n groen leefwyse by ons leerders.
Leerders raak betrokke by:
- die optel van rommel tydens pouses;
- die maak van steggies;
- die skep van waterwys skooltuine;
- die maak van ekobottels;
- insameling van plastiekdoppies;
- eko-uistappies twee keer per termyn;
- ondersteuning van die eko-stalletjie by markdae;
- en skenkings vir liefdadigheidsinstansies.
- aanneem van wilde diere bv. pikkewyne
- die optel van rommel by Zoo-lake en doen iets vir ons gemeenskap.
- Insameling van speelgoed vir minder bevoorregte kinders.

Tuindiens

Thaba Trails

Eko-bakstene geskenk aan die Khensani-skoleprojek

Skenking aan Rhino Connect

Skenkings aan die Johannesburg Veterinary Hospital

Happy Acres-uitstappie

Ann van Dyk Cheetah sentrum-uitstappie


- Kliprivierberg-
natuurreservaat. - Starke Ayres-saadverskaffers.
- Daniel Petzer: Die belangrikheid van bye.
- Johannesburg-dieretuin.
- Happy Yappers-diereskuiling (hondeaannemingsdag en die restourasie van hondehokke).
- Maleke-natuurbewaring.
- Kloofendal-natuurreservaat.
- Van Gaalen-kaasfabriek.
- Neil Nieuwoudt: Papierherwinning.
- Khensani’s Collection se eko-baksteenprojek vir skole.
- Deltapark-omgewingsentrum.
- Rhino Sanctuary.
- Yebo Gogga by WITS
- Thaba Trails
- Ann van Dyk De Wildt Jagluiperd- en Wildlewe-sentrum
- Johannesburg Wildlife-dierehospitaal.

- Waterweek: Elke druppel tel.
- E-rommeldag.
- Velkankerbewustheidsdag.
- Mandeladag.
- Bewaar ons biodiversiteit: renosterbewaring.
- Hippo-rollerdag.
- ’n Jaarlikse opwindende waterbewaring-
bewusmakingsveldtog. - Wêreldwaterdag: Besoek Happy Acres en doen ’n waterkwaliteit-opname
- Erfenisdag: Bewaar ons kultuur- en natuurerfenis
- Wêreld Geestesheidsgesondheidsdag
- Wêreldklimaatsveranderingdag: Besoek die Sereti-steenkoolmyn.








