
Preprimêr Gr.
000, 00, 0
Die Departement Preprimêr sien die voorskoolse kind in sy geheel. ‘n Spelgebaseerde kurrikulum, deurweef met die beginsels van verskeie vroeë kinderontwikkelingsprogramme, bied aan die kleuters daagliks die geleentheid om spelenderwys te leer, te ontdek en te groei. Passievolle, opgeleide personeel koester, stimuleer en ondersteun elke unieke kleuter binne ‘n verrykende en verhoudingsgedrewe milieu

Wat behels ons unieke program?
Dié program bevorder ‘n ondersoekende ingesteldheid, kreatiewe denke, estetiese bewustheid, ondernemingsgees, wiskundige vaardighede en taalontwikkeling. Weeklikse temas en groepswerk skep ‘n omgewing vir sosialisering, selfskepping, selfevaluering en redenasie. Die holistiese program benadruk dat kleuters deur spel leer. Realistiese hantering van mislukking en begrippe word dus vasgelê waarop suksesvol in die toekoms gesteun kan word.
Ons verwelkom die vennootskap tussen die ouerhuis en skool tot voordeel van die kind.
By Preprimêr verseker ons dat die boustene vir skool- én
lewensgereedheid stewig vasgelê word.



OM NA UIT TE SIEN
- ‘n Christelik-deurweefde program met die klem op respek, selfdissipline, integriteit en betrokkenheid.
- Persoonlike aandag in kleiner groepies.
- Moderne, opvoedkundige apparate binne en buite die klaskamer beteken meer gedifferensieerde, stimulerende leergeleenthede.
- Spesialisaktiwiteite aangebied deur opgeleide personeel.
– Graad 000: Buzzkids
– Graad 00: Klasmusiek & Buzzkids
– Graad 0: LO, Skaak, Rekenaars, Kodering, klasmusiek en Buzzkids
- Skoolgereedheidsassessering om deurlopende assessering van personeel aan te vul.
- Buitemuurse aktiwiteite word binne skoolure aangebied (Playball, Ballet, Lego, Tumbling Tigerz en Judo).
- Vrylike toegang tot die laerskoolterrein om oorskakeling na die meer formele leeromgewing te vergemaklik.
- Gr. 00- en 0-kleuters: nege sportakademies om van te kies:Judo, Netbal, Krieket, Swem, Skaak Gholf, Yoga, Tennis & Ballet
- Nasorg (met ‘n gebalanseerde maaltyd) daagliks tot 17:30.
- ‘n Vakansieprogram vir kleuters tydens die eerste twee weke van elke vakansie.
- ‘n Taalsentrum om meertalige kleuters in Afrikaans te ondersteun.
- Verrassing-Vrydae met temas soos tweelingdag.
- Verrykingsgeleenthede bevorder ouerbetrokkenheid.
- Jan Celliers het vanjaar met ‘n Suzuki Vioolonderring program by Preprimêr begin. Leerders van 4-6-jarige ouderdom leer om viool op die Japanese pedagoog, Shinichi Suzuki, se Moedertaalonderrigmetode te leer speel. Die metode fokus daarop om ‘n koesterende omgewing te skep wat met ouerbetrokkenheid, beluistering van musiek en nabootsing gepaardgaan. Die program het met 3 leerders begin en staan nou 7 sterk.


















