
- Ouers van kleuters en peuters wat lang ure werk, kan met ‘n geruste hart hul kind ná skool in ons sorg laat.
- Die middagprogram is meer informeel gestruktureerd, maar met voldoende aandag op die ontwikkelingsmylpale.
- Die program behels onder meer buitespel, ontdekkingsaktiwiteite, waterspele (in die warmer maande), stories luister en musiekblootstelling.
- Die kleuters nuttig ‘n gebalanseerde middagete.
- Ligte versnaperings word laatmiddag genuttig gevolg deur vrye spel.
- Die personeel is tot omstreeks 17:30 tot u diens.
- Laerskoolleerders (graad 1 tot 7) kan ná skool by Jangroentjie kom studeer terwyl hulle deur opgeleide personeel bygestaan word.
- ‘n Gebalanseerde middagete word verskaf.
- Goeie toesig oor leerders met buitemuurse aktiwiteite heers sodat inskakeling en praktiese reëlings vlot verloop.
- Leerders word met hul huiswerk ondersteun en leerwerk word met behulp van sinvolle roosters bestuur.
- Lewensvaardighede en sosialisering geniet sorgsame aandag.
- Prettige aksies word dikwels geloods.
- Jangroentjie het ‘n omgee-kultuur en dié leerders word ‘n familie. Dit is huis in die ware sin van die woord.
Om tuis te kan voel, selfs weg van
die huis af, is gerusstellend.
