Die doel van die Raad is om strategies leiding aan die uitvoerende bestuur van die skool te verskaf, en sluit funksies in soos beleidsontwikkelling, finansiële bestuur, oudit-oorsig en personeelaanstellings.

Die Raad werk om te verseker dat die skool sy visie en missie uitvoer, wat die waardes en langtermyndoelwitte van die skool weerspieël. Beleidsontwikkeling sluit in die opstel, instandhouding en opdatering van beleide op wat die daaglikse funksionering van die skool rig, insluitende gedragskodes en dissipline, akademiese standaarde, en ander riglyne wat die kultuur en etos van die skool vorm.

Die Raad se verantwoordelikhede rondom finansiële bestuur sluit in die goedkeuring en monitering van die skool se begroting, die reg- en doelmatige aanwending van fondse asook dat versekering dat finansiële aktiwiteite deursigtig en verantwoordelik uitgevoer word. As integrale deel van finansiële oorsig en waardebeskerming neem die Raad besluite rakende die instandhouding en verbetering van skoolfasiliteite. Hulle werk om te verseker dat die leeromgewing veilig, gesond en geskik is vir opvoeding.

Van ‘n oudit-oorsig oogpunt moniteer die Raad die skool se prestasie en die implementering van beleid om seker te maak dat dit in lyn is met die gestelde doelwitte en standaarde. Hulle evalueer ook die skoolhoof uit ‘n prestaise oogpunt en verseker dat onderwyskwaliteit gehandhaaf word.

Die Raad is betrokke by die aanstelling van senior personeel, insluitend die skoolhoof, adjunkhoofde en finansiële personeel, en verseker daardeur dat die regte mense met die nodige kwalifikasies, vaardighede en ervaring aangestel word om die skool se missie te ondersteun.

Adv. Altus Joubert (SC)

Voorsitter

Adv. Christiaan van der Merwe (SC)

Ondervoorsitter

Me. Illeana Fourie

Tesourier

Dr. Anchen Laubscher

Speelskool– en Preprimêr-verteenwoordiger

Mnr. André Brink

Ouerverteenwoordiger & Groeikomitee

Mnr. Conri Moolman

Infrastruktuur en geriewe. Alternatiewe water- en energie-optimalisering

Die hegte verhoudings wat my kind met ’n onderwyser of afrigter het, is goud werd vir sy/haar veerkragtigheid teenoor uitdagings.

Die doel van die Dagbestuur by Jan Celliers is om operasionele doeltreffendheid te verseker, ondersteuning te bied aan die skoolhoof en personeel, en die algehele funksionering van die skool te versterk.