Wêreldklas ondersteuningsdienste tot jou beskikking.

JAN CELLIERS is in die bevoorregte posisie om verskeie terapeute en ander ondersteuningsdienste op ons perseel aan die ouers,
leerders en personeel te bied. Professionele dienste – byderhand.

OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

Me. Carien Human

Me. Human is met ingang 1 Julie 2017 as die sielkundige by Jan Celliers aangestel. Me. Human is die eienaar van die sielkundige praktyk Therapeace in Linden en sy is drie dae per week by JAN CELLIERS werksaam.

SPELTERAPEUT

Me. Ilze Norden

Me. Norden werk op die perseel en besoek die skool na gelang van die aanvraag.

082 465 6407

Me. Charlize Cuyler

Me. Cuyler werk op die perseel en besoek die skool na gelang van die aanvraag.

079 129 5477

SPRAAKTERAPEUT

Me. Monique Malan

Me. Malan werk op die perseel en besoek die skool na gelang van die aanvraag.

061 585 1924

MEDIESE DOKTER

Dr. Michelle Weyers

Beskikbaar op Maandae, Woensdae en Vrydae.

Dr. Anina van der Bijl

Beskikbaar op Dinsdae en Donderdae.

Klik op drmichelleweyers.setmore.com om ’n afspraak te maak.

ARBEIDSTERAPEUT

Me. Charlene Cruickshank

Me. Cruickshank werk op die perseel en besoek die skool wanneer nodig.

082 879 6062

FISIOTERAPEUT

Mnr. Tiaan Moolman

Mnr. Moolman werk op die perseel en besoek die skool wanneer nodig.

physiotiaan@gmail.com

BIOKINETIKUS

Me. Stephanie Groenewald

Me. Groenwald werk op die perseel en besoek die skool wanneer nodig.

LEERDERONDERSTEUNER

Me. Susan Laubscher

Me. Laubscher werk op die perseel en is Maandae, Woensdae en Donderdae beskikbaar.

011 646 3336

MAATSKAPLIKE WERKER

Me. Charlize Cuyler

’n Gekwalifiseerde maatskaplike werkster, Charlize Cuyler, is beskikbaar as Leerderondersteuning-koördineerder by Jan Celliers.
Hierdie rol vorm deel van die skoolgebaseerde ondersteuningspan en het ten doel om gestruktureerde, professionele en volgehoue ondersteuning aan leerders, ouers en opvoeders te bied.
Take van die maatskaplike werkster:

  • Koördineer leerderondersteuning in samewerking met die skoolgebaseerde ondersteuningspan – om seker te maak dat leerders en gesinne die nodige ondersteuning ontvang en gepaste intervensies plaasvind.
  • In samewerking met die onderwysers word akademiese ondersteuning versterk en direkte leerderondersteuning word hierdeur bevorder.
  • Die maatskaplike werkster sal ook, soos nodig, op krisisintervensie of noodgevalle en groepsessies fokus.
  • Gelykheid, insluiting en die hantering van sosiale kwessies word fasiliteer en sodoende bevorder.
  • Verder sal voorkomende programme aangebied word om leerders se akademiese en emosioneel-sosiale welstand te versterk.
  • ’n Spesifieke fokus sal ook wees om boeliegedrag aan te spreek, vroegtydig te identifiseer en in die kiem te smoor sodat ’n veilige en positiewe omgewing gehandhaaf word.

Die diens word op Maandae aangebied en is ’n waardevolle belegging in die sukses en veerkragtigheid van ons leerders, asook die breër skoolgemeenskap.

VERWYSINGS NA SIELKUNDIGES

Trauma, konflik binne gesinsverband, en dies meer word na buite-spesialiste verwys. Die skoolsekretaresses beskik oor die nodige inligting.

011 646 3336

TAALSENTRUM - PREPRIMÊR

Me. Merolize Daniels, Me. Chrisstel Ras en Me. Cherié Pretorius.

Hulle werk op die perseel en is Dinsdae en Donderdae beskikbaar.

011 646 3336

TAALSENTRUM - LAERSKOOL

Me. Amanda J. Van Rensburg

Me. Janse van Rensburg gee tuiswerkleiding aan leerders van Engelssprekende ouers op Maandae, Dinsdae en Woensdae (na skool).

ajvrensburg@jancelliers.co.za