Christelike Waardes
Die skool se waardestelsel is op Christelike beginsels gegrond. Godsdienstige oortuigings en waardes is ’n belangrike deel van ons identiteit en lewensbeskouing.
By Jan Celliers word hierdie etos op die volgende maniere uitgeleef:
• Bybelonderrig as vak.
• ‘n Waardekomitee wat leerders, ouers en onderwysers bewus maak van die skool se waardes en oortuigings.
• Saal- en vierkantopening met skriflesing en gebed. Elke dag word ook met gebed afgesluit.
• ‘n Gebedsgroep vir ouers elke Dinsdagoggend in die mediasentrum.
• ‘n Skoolperiode vir gewyde sang elke Vrydag.
• ‘n Gebedsketting een keer per termyn.
• Die viering van Paasfees, Hemelvaart en Kersfees.
• ‘n Jaarlikse Kerslig-en-lofaand, Kersspel en Kerssangdiens.
• Wydingsdiens vir gr. 7-leerders en hul ouers.