
Veiligheid
Ons is in die bevoorregte posisie om ons wonderlike terreinpersoneel te hê, asook 24/7-sekuriteitsmaatskappy, wat ons skool en kinders veilig hou. Ná sportoefening wag die leerders binne die skoolterrrein vir ouers om hulle te kom haal. By elke hek is daar ‘n veiligheidswag om seker te maak ons skoolfamilie is veilig.
Terreindiens
Daar is daagliks ten minste vyf personeellede op terreindiens. Verskillende speelplekke is toegewys om ‘n veilige speelomgewing te verseker.
Nood
Ons het ’n noodplan in plek wat gereeld ingeoefen word. Ons het ook ’n wonderlike gesondheid- en veiligheidspan om toe te sien dat alles in orde is.

Veilig oor die pad
Ons krieketafrigter, mnr. Mohamed Abed, asook ’n bykomende veiligheidswag maak seker dat ons leerders die pad tussen die laerskoolterrein en die kultuursentrum veilig oorsteek. Hy ken elke kind op die naam en knoop daagliks geselsies aan.
Ons neem die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (Wet 85 van 1993) ernstig ter harte
– in belang van ons kosbare leerders en personeel.
Ons gee om.
